Verskeie botsings –sommige minder ernstig en ander meer ernstig – het die afgelope twee weke op paaie in die Weskus gebeur.
Drie mense is op 12 Februarie op die Weskuspad (R27) ernstig beseer toe die motor waarin hulle gereis het, van die pad af gery en gerol het. In nog ’n voorval op 13 Februarie het ’n vragmotor teen ’n ander voertuig by die Hopefield-oorgang op die R27-pad gebots. Drie mense het ligte tot matige beserings opgedoen. Twee motors en ’n minibus-taxi was Sondag 19 Februarie in Velddrifweg, Vredenburg, in ’n botsing betrokke. Een pasiënt is hospitaal toe geneem en ’n paar ander is net lig beseer.
In nog ’n botsing dieselfde dag op die Velddrif-Piketbergpad is ’n jong Duitse student dood toe die motor met haar en mede-studente gerol het (lees binne).





