Die Weskus-talentkompetisie is uiteindelik hier.

Weskussers en besoekers kan uitsien na die talent wat aangebied word Saterdag 1 Oktober by Langebaan Primêre Skool.

Beoordelaars sluit in rymkletsers Capitol F, Matthew Joyner, sangers Tess E. en Regina Thomson asook stigter Damon Lottering van Damon Records.

Volgens Natasha Jantjies, stigter van Inspiration wat ook met die idee van die kompetisie vorendag gekom het, is die doel van die Weskus-talentkompetisie om mense die geleentheid te gee om hul talente en gawes bloot te stel.

Die kompetisie bestaan uit twee afdelings vir mense 17 jaar en jonger asook 18 jaar en ouer. Daar sal gesing en dans word, en soveel meer. Seremoniemeesters vir die aand is Petra Mei en Boeta Jules.

Die Weskus-talentkompetisie begin om 10:00. Kaartjies kos R50 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Vir meer inligting, bel Jantjies by 076 582 5959.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article