Dié motor, wat teen die padversperring gebots het toe die bestuurder glo beheer verloor het, nadat dit vir nadere ondersoek weggesleep is.


’n Swanger vrou en ’n kleuter is verlede Donderdag dood in ’n motor aangetref nadat dit teen ’n staal-padversperring langs die pad gebots het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, het die ongeluk verlede Donderdagmiddag 8 September gebeur. Die bestuurder van ’n motor het volgens hom beheer oor die voertuig verloor terwyl hy en die insittendes op die R27 gery het en naby die Saldanha Staal-afrit (soos dit in die volksmond bekend staan) teen ’n padversperring gebots het. Die bestuurder is ongedeerd en sy broer is net lig beseer.

Die hoogswanger ma en die kleuterseuntjie wat agter in die motor gesit het, is egter dood.

Die mense wat in die motor was, is glo oorspronklik van Burundi en woon in Parkview, Kaapstad.

“Die voorval sal deeglik ondersoek word. Die lykskouingsverslag moet nog ontvang word, waarna ons in staat sal wees om meer inligting bekend te maak,” het Helfrich aan Weslander gesê.

’n Klag van strafbare manslag is by die Saldanha-polisie aangemeld.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article