totsiens: Die leerders van Strandlopertjie Pre-Primêr het onlangs makietie gehou met die skool se 30ste verjaardag en die afskeid van skoolhoof Chrisna Groenewald wat ná 35 jaar die skool groet.


Die Strandlopertjie Pre-Primêre Skool in Saldanha het laasweek hul 35ste verjaardag gevier.

Saam met die groot partytjie was daar ook ’n bietjie hartseer aangesien skoolhoof Chrisna Groenewald ná drie dekades by Strandlopertjie afgetree het.

Volgens die personeel laat Chrisna beslis ’n leemte, maar sê sy is “net ’n oproep weg” indien hulle te veel na haar verlang.

“Baie dankie vir al juffrou Chrisna se harde werk en liefde die afgelope 30 jaar. Juffrou het ’n stewige fondasie vir die skool gelê,” sluit ’n skrywe van die skool af.

Die skool bedank ook almal wat hul Moedersdag-lootjie moontlik gemaak het deur pryse vir dié geleentheid te skenk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article