Die Langebaan-strandlopers Leander Pholman, Sanito Appels, Verusca Botes en Alfonzo Jordaan het onlangs aan die Wes-Kaapse skole-landloopkampioenskap deelgeneem.Foto:


Weskus-atlete het onlangs weer naam gemaak en die Boland-landloopspan gehaal.

Die jonges van die Langebaan-strandlopers het Saterdag 13 Augustus by die Daljosafat-stadion in die Paarl deelgeneem.

Leander Pholman (16 jaar; Elsen-afdeling) en Sanito Appels (17) het albei goue medaljes verower en is as die Boland-kampioene in hul ouderdomsgroepe gekroon. Alfonzo Jordaan het op sy beurt die silwermedalje vir seuns van 16 jaar ingeoes.

Die drie het die Boland op Saterdag 27 Augustus by die Wes-Kaapse skole-landloopkampioenskap in Pacaltsdorp, George, verteenwoordig. Pholman was tweede in sy item. Appels en Jordaan het onderskeidelik die Wes-Kaapse titel vir seuns 17 jaar en 16 jaar gewen. Verusca Botes (15 jaar) was sewende.

Danksy hul prestasies sal Pholman, Appels en Jordaan nou die Wes-Kaap by die Suid-Afrikaanse skole-landloopkampioenskap, wat tussen 30 September en 2 Oktober by die Walter Sisulu-universiteit plaasvind, verteenwoordig.

Die Langebaan-strandloper-atletiekklub wens alle plaaslike atlete in die nasionale kampioenskap sterkte toe. Die bestuur sê dit is op sigself ’n puik prestasie om vir dié kampioenskap gekies te word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article