Die ‘Community in Blue’ patrolleer saam met die polisie op Yzerfontein se strand.


Op die strande van Yzerfontein, Grottobaai en Ganzekraal was dit redelik stil oor die feestyd met geen steekvoorvalle of verdrinkings wat aangemeld is nie.

Sersant Johnatan Filander, woordvoerder van Darling-polisie sê daar was wel van die strandgangers by Swemgatstrand in Yzerfontein se alkohol gekonfiskeer.

“Dis onwettig om alkohol saam te bring strand toe. Die wat die wet verbreek se alkohol sal afgevat word en hulle kan of ’n boete of inhegtenisname in die gesig staar,” sê Filander.

Hy vertel dat die ‘Community in Blue’ wat onlangs in Darling begin is, saam met die polisie die strande in die Darling-omgewing oor die feestyd gepatrolleer het. “Dit was gedoen om sigbaar te wees maar ook om ekstra oë op die strand te hê,” sluit Filander af.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article