Die gure weersomstandighede wat sedert Sondag oor groot dele van die provinsie heers, insluitend die Weskus, sal na verwagting die komende naweek voortduur.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het nog twee kouefronte na die einde van die week toe voorspel met waarskuwings vir moontlike oorstromings plek-plek.
Die stormwind wat sedert die naweek ervaar word, het ook in die Weskus skade aangerig terwyl laagliggende gebiede deur vele oorstromings geteister is.
’n Volledige oorsig en foto’s verskyn op bl. 2.




