Met haar skugter glimlag

Skyn sy deur die dag.

Introvert, “nerd”, Bennie Boekwurm-Meisiekind

Sy leef in ’n wêreld waar mense jaag

En karre raas

“Misfit”, kan jy sê

Amper soos ’n vrye vers in ’n

Wêreld vol kwatryne

Tog is haar waarde ver bo

Al die wêreld se myne

Sy leef haar ware self

Skrander, eenkant

Sy is besig om te delf

Aan ’n toekoms, aan ’n destiny

Meisiekind!

Eendag sal haar stilte so

Oorverdowend wees

En dis haar “haters” se grootste vrees

Dat haar stilte die wêreld sal oorheers.

Deur E. L. Cloete

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article