Steynville Sekondêr nooi almal uit om sy jaarlikse sportdag op Saterdag 2 Maart by te woon.
Dit is ook die skool se 40ste bestaansjaar en dus ’n baie spesiale geleentheid. Daarom word alle oud-leerders, sowel as oud-kollegas, genooi om die dag saam te kom geniet.
Die sportdag van Steynville Sekondêr, in samewerking met Superspar Boland en die Bergrivier-munisipaliteit, behels agt hoërskole wat aan ’n rugby- en netbal-reeks gaan deelneem. Die skole is Steynville Sekondêr, Diazville Sekondêr, Weltevrede Sekondêr, Bergrivier Sekondêr, Cederberg Akademie, Roodezandt Sekondêr, Proteus Sekondêr en Vredendal Sekondêr. Die rugby sal by Rhino Park, Piketberg, plaasvind en die netbal by Steynville Primêr. Hekke maak om 06:30 oop en toegang vir volwassenes is R20, gratis vir kinders met skoolklere, R10 vir kinders sonder skoolklere en R10 vir voertuie.




