Anlerie Truter, die direkteur van die Weskus-onderwysdistrik, ontvang ‘n toekenning by die hoof- verkiesingsbeampte in die Wes-Kaap, Michael Hendrickse, om haar betrokkenheid by die demokratiese-skole-program te beklemtoon.

Die Wes-Kaapse onafhanklike

verkiesingskommissie (OVK), in same- werking met die departement van basiese onderwys in die Weskus-distrik, het onlangs as deel van die landwye demokratiese-skole-program die

belangrikheid om as kieser te registreer onder die jeug tuisgebring. Die program is amptelik op 15 April by die Wesbank Sekondêre Skool in Malmesbury begin, met lede van die OVK en die Wes-Kaapse departement van onderwys teenwoordig.

Volgens die OVK is die grootste deel ongeregistreerde kiesers tussen 16 en 19 jaar oud. Die kommissie poog daarin om die jeug te bemagtig met inligting om op ‘n betekenisvolle wyse aan verkiesings-

prosesse deel te kan neem.

Van die grootste uitdagings in die land is om jongmense by die stembus te kry. Die program fokus onder meer daarop om demokrasie te bevorder, maar ook om ‘n kultuur van stem onder die jeug van vandag te kweek.

Leerders van onder meer Wesbank, Schoonspruit Sekondêr, Illingelethu

Sekondêr, die Hoërskool Darling en Swartland is aangemoedig om vir volgende jaar se plaaslike verkiesing te registreer. Volgens Hendrickse is dit belangrik om ten minste te registreer, al het die persoon nog nie besluit om te gaan stem nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article