Breyton Bester (19), ’n inwoner van Vredenburg, is gekeur as ’n finalis in die kwarteindronde van Mr Teen World South Africa. Om te kan deurdring na die halfeindronde het hy ondersteuning en stemme nodig. Bester sê as doodgewone mens was dit nog altyd maar net sy passie om voor ’n kamera te kan staan en sy glansende glimlag aan die wêreld te wys. “Om as kwarteindfinalis van Mr Teen World South Africa te staan, bied my die ruimte om daardie passie uit te leef. Hierdie is ’n ongelooflike geleentheid waarvan ek die beste gaan maak, dit bied my as manlike plaaslike model die geleentheid om persoonlik te groei, om my intelligensie en vaardighede te wys. As ek kan deurdring na die volgende ronde, met die hulp van die ondersteunende publiek, sal dit vir my die wêreld beteken en dit sal hoogs uit my hart waardeer word.” Om te stem stuur ’n SMS na 47439. ’n SMS kos R3.Foto: Bernadette Louw Photography


Stem gerus vir Breyton

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article