Steenberg’s Cove Primêr het sy leerders wat vanjaar in matriek is, verlede Woensdag (16 Oktober) met ’n geselligheid vereer. Die leerders is by dié geleentheid deur die spreker Grant Julius, ’n oudleerder en vandag die eienaar van Seafood Cartel in St Helenabaai, gemotiveer. Hy het hulle ook sterkte toegewens met die eksamen. Leerders wat vanjaar in matriek sou gewees het, maar oorlede is, is ook by dié geleentheid gedenk. Steenberg’s Cove Primêr sê hy is ongelooflik trots op hierdie groep leerders en wens hul alles wat mooi is toe.


Steenberg’s Cove se 2024-Matrieks vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article