Mense word as deel van die Hopefield-fynbosskou genooi om aan die 8 km-hardloop- of die 5 km-stap-geleentheid vir Kansa deel te neem.
Die stap vind Sondag 28 Augustus plaas en begin om 10:00. Die wegspring is by Koperfontein en die roete eindig by die skouterrein.
Kaartjies kos R100 per volwassene en kinders o.16 betaal R50. Registrasie begin om 09:00 by die wegspringpunt.
Kaartjies sluit ’n muffin en koffie in.. Kontak Sumerie Geldenhuys by 071 494 8450 vir nog inligting.

