Die tyd het uiteindelik aangebreek vir die skouspelagtige Let’s Carnivale: A Vaudeville Variety Show, wat Vrydag 17 en Saterdag 18 Mei by The Barn by Schaftplaas aangebied word.
Gaste gaan na ’n vervloë era van vermaak verskuif word onder die bekwame leiding van die alombekende ringmeesteres Irit Noble en die vervaardiger Abbi Masters.
’n Rits talentvolle kunstenaars gaan van lugakrobatiek tot vuurspoeg, burlesque, kabaret, komedie en selfs kulkuns aanbied.
Gaste word weer, soos met die uitverkoopte Let’s Burlesque-vertoning verlede jaar by dié venue, uitgenooi om volgens die karnaval-tema aan te trek. Verskeie pryse is op die spel.
Die afdraai na The Barn is geleë tussen Langebaanweg en Hopefield op die R45.
Watertandlekker eetgoed by verskeie kosstalletjies in die karnaval-tema is by die kaartjieprys ingesluit.
Ná afloop van die vertoning gaan die gaste dans, sing en vrolik wees.
Kaartjies se pryse wissel van R400 tot R750 (verblyf uitgesluit) en is by Quicket beskikbaar. Kry meer inligting by facebook.com/schaftplaas.




