DCAS het finansiering aan sportfederasies in die Weskus oorhandig.Foto: Noluvu Ludidi


Verskeie sportfederasies in die Weskus het Dinsdag 9 Mei geld van die departement van kultuursake en sport (DCAS) ontvang.

Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het die Saldanha besoek om die oorhandiging te doen.

Altesaam R600 000 is aan die sportfederasies oorhandig.

Drie klubs het sporttoerusting ontvang – die Saldanha-gimnastiekklub en die St. Helenabaai- en Velddrif-krieketklub.

Sportfederasies het Weskus-netbal, Weskus-fietsry, Weskus-rolbal en meer ingesluit.

Hierdie geleentheid was deel van die jaarlikse finansieringsproses deur die departement van kultuursake en sport aan sportfederasies reg oor die provinsie om hulle in hul administratiewe, ontwikkelings- en ander werk vir die 2023-’24-boekjaar te ondersteun.

Marais het gesê dit is altyd wonderlik om in die Weskus te wees. Sy het die sportfederasies bedank vir hul toewyding en hoe hulle die finansiering keurig gaan gebruik. Marais het klem daarop gelê dat sport “ons sowaar saambind”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article