Die tradisionele wintersportdag tussen die Laerskole Vredenburg en Swartland het op Saterdag 18 Mei plaasgevind. Meer as 350 spelers van elke skool het aan hokkie-, netbal- en rugbywedstryde deelgeneem. Die deelnemers is beloon met ’n pragtige sonskyndag en massas ouers en ondersteuners van albei skole het opgedaag vir die wedstryde. ’n Gees van samesyn, ou vriende wat weer verenig en nuwe vriendskappe wat gevorm word, het geheers. Sport en kinderontwikkeling het geseëvier.
Die Laerskool Vredenburg is trots op elke speler wat sy beste gegee het.





