Pomario Privaatskool het verlede Saterdag (3 Augustus) ’n suksesvolle wintersportdag gehou. Dit was die skool se tweede jaarlikse wintersportdag. Pomario se leerders, saam met dié van sewe ander skole, het aan netbal- en rugbywedstryde deelgeneem. Die deelnemende skole was Pomario Privaatskool, Rijk Tulbagh Privaatskool, Darling College, Nouveau Kollege, TNJ van der Walt Kollege, Laerskool Wolseley, Laerskool Riebeek-Kasteel, en Christelike Privaatskool Leipoldtville. Altesaam het 56 rugby- en netbalspanne gespeel, en omtrent 500 besoekers het die dag bygewoon, uitgesluit personeel, afrigters en spelers. Bo is die meisies se o.9-netbalspan: Linah Mouton, Natasha Madzanire, Mia van Zyl, Gabrielle Smit, Mikela Roets, Cisca Mouton en Mathapelo Mthethwa. Agter staan hul afrigter, juffrou Marial Momsen.


Sowat 500 besoekers by Pomario se sportdag

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article