Bestanddele
2 koppies jasmynrys
olyfolie of kanolaolie-spuit
500 g varkfilet, in repies gesny
1 ui, in skywe gesny
1 klein rooi soetrissie, gekap
1 klein groen soetrissie, gekap
1 wortel, in skywe gesny
440 g blik pynappelstukke, gedreineer en sap apart behou
¼ koppie tamatiepasta
1 eetlepel brandrissie-en- knoffelsous
2 eetlepels wit asyn
1 eetlepel mielieblom
koljanderblare, om te garneerMetode
Kook rys in ’n groot kastrol met kookwater vir sowat 12 minute of tot sag.
Dreineer goed.
Bespuit ’n wok of braaipan met olie en verhit.
Voeg varkvleis-repies by en kook vir 2-3 minute oor hoë hitte, tot bruin en gaar, maar steeds sag. Sit die gaar repies vir eers eenkant.
Maak seker jy hou die plaat aan en verhit weer die wok of braaipan. Voeg die ui in saam met ’n eetlepel water en roerbraai tot goudbruin.
Voeg soetrissie en wortel by en roerbraai tot sag.
Plaas pynappelsap, tamatiepasta, brandrissie-en-knoffelsous, asyn en mielieblom in ’n beker en klits tot glad.
Plaas varkvleis terug in wok, voeg die sous en pynappel by, roer totdat sous kook en verdik.
Garneer met koljanderblare.
Sit voor met die rys.





