Die soektog na die 16-jarige Donna-Leigh Don van Lambertsbaai duur nog voort. Sers. Wesley Twigg, ’n woordvoerder van die polisie, bevestig die soektog is nog aan die gang. Billy Claasen, uitvoerende direkteur van die Landelike en Plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie en ’n woordvoerder van die familie, sê tot dusver is geen vars nuus ontvang nie. Hy sê “dit is maar stil”. Volgens Claasen is die ouers se gemoed laag omdat hulle nog niks gehoor het nie. Claasen moedig die gemeenskap aan om saam te staan en nie op te hou soek nie. Hy moedig almal aan om met korrekte inligting na vore te kom, wat die polisie in die saak kan help. Donna-Leigh, ’n leerder aan die Hoërskool Lambertsbaai, is op Sondag 24 Julie laas gesien.


Soektog duur voort

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article