Sneak Attack is 2024 se B-liga-wenners. Die spanlede is Jonno Bayman, Johan Nell (kaptein), Dante Wessels en Henk Boshoff.


Die balle het onlangs weer eens die praatwerk vir die Weskus se 8-bal-potspel in die B-liga gedoen.

Pocket Pounders van Amigos in Saldanha het teen Sneak Attack van Watergat Langebaan in die eindronde van die Weskus-toernooi te staan gekom.

Pocket Pounders was deur die 2024-seisoen onoorwonne, maar dis uiteindelik ’n baie sterk Sneak Attack-span wat in die eindstryd koning gekraai en met ’n goeie sege van 11-5 weggestap het.

Weskus-8-bal-potspel wil weer eens sy borge asook Spur en Watergat in Langebaan vir hul ondersteuning in 2024 bedank.

Weskus-8-bal-potspel wil ook graag elke speler en beampte vir die toegewyde deelname gedurende ’n suksesvolle en opwindende jaar bedank.

. Kontak Inelda Heyns by 066 034 5751 of Gert Hibbert by 083 287 6883 met navrae en om by Weskus Pool aan te sluit.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article