Juan Boucher is met rede een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars. Sy musiek het die vermoë om jou dansvloer toe te sleep, sy stem skuur soos growwe skuurpapier oor die klank van elektriese kitare en met sy lirieke deel hy sy eie lewenservaring digterlik en opreg.
Juan het die afgelope twaalf jaar bekend geword vir sy vermoë om te kan wissel tussen opgewekte dansmusiek en treffende rock-ballades, maar deur die verskillende genres word die tema van liefde konstant herroep. Deur sy musiek dra Juan sy hart op sy mou en deel hy amper outobiografies stories van nuwe liefde, teleurstelling en soms verlies. Daarom voel dit gepas dat Juan, wat inspirasie uit sy eie lewe put om liedjies te skryf, besluit het om sy nuwe album Hier waar ek nou is te noem.
Juan deel sy musiek op die verhoog by Club Mykonos Donderdag 28 Desember om 20:00. Om kaartjies te bespreek en vir meer inligting, besoek www.quicket.co.za
Deure maak 19:00 oop en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees.





