Die berig “Jaagtog ná aanranding gesien” (Weslander, 22 Junie 2023) verwys.

Dis ontstellend om te lees wat die getuie (Gennavieve van der Merwe) moes beleef; meer kommerwekkend nog, wat waarskynlik met die tienerslagoffer gebeur het.

Dis ’n skande dat die polisie (by drie kantore!) nie meer daadwerklik kon (of wou!) optree nie.

Dis hierdie soort slapgattigheid wat veroorsaak dat die publiek hul vertroue in die polisie en die breër regering verloor en meer bravade aan misdadigers verleen.

Ek hoop die ombudsman sal deeglik ondersoek instel na die amper misdadige nalatigheid van die polisiebeamptes by die drie betrokke polisiekantore, en ook hul prosedures in die soeklig plaas.


M.-A. Daniels,

ATLANTIS

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article