Die Vredenburg-polisie verwelkom sers. Fagmida Carelse as Vredenburg se nuwe maatskaplike misdaadvoorkomingsbeampte.

Carelse se rol is om onder meer bystand aan slagoffers van misdaad te verleen en om verskeie plaaslike gemeenskap-, jeug- en skoleprojekte te fasiliteer. Slagoffers van misdaad, geweld en in besonder gesinsgeweld wat ondersteuning nodig het, word genooi om met Carelse by die Vredenburg-polisiekantoor te kom gesels.

Carelse volg sers. Felicity November op, wat voorheen direk met die gemeenskap geskakel het. November is onlangs na ’n ander polisiekantoor in die Wes-Kaap verplaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article