Oktober is Onderwysermaand!

Om erkenning te gee vir die harde werk en soms ondankbare taak wat onderwysers daagliks verrig, is ons op soek na die Weskus se Weslander Onnie van die Jaar vir 2023.

Inskrywings vir die Weslander Onnie van die Jaar is nou oop. Leerders, kollegas en ouers word genooi om nou benoemings in te stuur vir daardie klasonderwyser wat die ekstra myl in jou of jou kind se opvoeding stap om die weg vir hul toekoms te help baan.

Onderwysers kan as volg benoem word:

. Grondslagfase (gr. R tot gr. 3)

. Intermediêre fase (gr. 4 tot gr. 9)

. Senior fase (gr. 10 tot gr. 12)

Om nie leerkragte wat hul tyd buite die klaskamer op die sportveld opoffer en daar ’n verskil maak, te ontsien nie, word benoemings vir die beste skolesportafrigter vanjaar ook verwelkom.

Stuur die naam, van en ’n foto van die onderwyser (of skolesportafrigter) wat jy wil benoem, saam met ’n kort motivering oor waarom hulle verdien om as Weslander se Onnie van die Jaar gekroon te word, op WhatsApp na 082 576 0453.

Inskrywings sluit Vrydag 13 Oktober. Maak dus seker jy stem!

V Entries for Weslander Onnie van die Jaar 2023 (Teacher of the Year competition) are open. To acknowledge the hard work and tasks teachers perform on a daily basis we are looking for the next Weslander Onnie van die Jaar.

Learners, colleagues and parents are invited to send nominations for that class teacher who goes the extra mile in your or your child’s education to help pave the way for their future.

Teachers can be nominated in the following categories:

. Foundation phase (gr. R to gr. 3)

. Intermediate phase (gr. 4 to gr. 9)

. Senior phase (gr. 10 to gr. 12)

. Best school sport coach

Send the name, surname and a photo of the teacher (or school sport coach) you nominate, along with a short motivation as to why they deserve to be crowned Weslander’s Onnie of the Year, on WhatsApp to 082 576 0453.

Entries close Friday 13 October. So make sure you vote!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article