Moenie Jurie Hayes Primêr se gholfdag vroeg in September misloop nie.Foto:


Jurie Hayes Primêr hou Saterdag 11 September ’n gholfdag.

Dit sal van 12:00 by die Vredenburg-gholfklub beslis word. Spelers betaal R375 per persoon en die inskryfgeld sluit ’n heerlike wegneemete plus ’n besoek aan die “natgat” in.

’n Gelukstrekking is ook op die spel met ’n fantastiese prys om te wen, wat lams­vleis, wors, brandewyn, wynkraffies, muurhangsels, wyn, roosters en vele meer insluit.

Moenie jou kans misloop om vir ’n oomblik van die virus te vergeet nie!

Registrasie en betaling word deur die skool gedoen. Bel Corlene by 022 766 1568 of kontak Yves Damon by 071 737 1818 of per e-pos by yvesdamon1@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article