Inskrywings is nou oop vir die jaarlikse Wynland-fietswedren, wat Sondag 28 Januarie 2024 gehou word.

Die ren begin en eindig by die Hugenote Laerskool in Wellington.

Twee renne word aangebied, met aanlyn registrasie, tyd-berekening en gradering deur RaceTec onder die beskerming van die Trapkrag­vereniging.

Die renne begin in Generaal Hertzog-boulevard, en van daar af kan fietsryers op twee roetes in die landelike gebied ry.

Die eerste roete oor 102 km begin om 06:00 (inskrywingsfooi is R390). Dit is vir meer ervare ryers en sal ’n graderingsren vir die Kaapstad-fietstoer wees. Die roete neem ryers na Hermon, Riebeek-Wes en Voor-Paardeberg (Slentweg) en dan terug na Wellington op die R44.

Die tweede roete, oor 52 km, begin om 08:00 (inskrywingsgeld R290).

Ryers volg die Lady Loch-pad en die R45 na Malmesbury, draai links by die Slent-pad en sluit by die lang roete aan, en keer via die R44 na Wellington terug.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 22 Januarie om 17:00.

Laat inskrywings sal op die dag aanvaar word teen R450 en R310 vanaf 05:00, tensy 2 500 ryers vooraf ingeskryf het.. Besoek die webblad www.winelandscyclerace.co.za vir nog inligting en om in te skryf.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article