Die tweede Skink Swartland geselligheid vind Saterdag 6 Mei plaas.Foto:


Maak jou gereed vir die tweede “Skink Swartland”-geleentheid!

Die geselligheid word Saterdag 6 Mei tussen 11:00 en 17:00 by die Laaiplek-hotel in Velddrif aangebied.

Verlede jaar se Skink Swartland het omtrent 280 mense vir die dag gelok. Deelnemende kelders vir hierdie jaar sluit in Schenkfontein, Nativo, Hofstraat-kelder, Swartland-kelder, Riebeek Valley Wine Co en heelwat ander ook.

Jolene Janse van Rensburg, die bestuurder van die Swartland- wyn- en olyfroete, sê gaste kan uitsien na ’n heerlike, ontspanne dag met liplekker-seekos voorberei deur die Bester-familie en die personeel van die Laaiplek-hotel – en natuurlik die wyne uit die Swartland, wat enige wynkenner se mond sal laat water. Musiek sal deur die plaaslike musikant Louis van Lill gemaak word.

“Die meerderheid van die Swartland-streek se wynkelders word deur die eienaars en wynmakers self bestuur. Hierdie is ’n ideale geleentheid om skouer te skuur met die streek se wynmakers en nuwe oesjaarwyne te proe. Sommige van hierdie wyne is nie in algemene wynwinkels beskikbaar nie.”

Bring jou vriende en familie en geniet die dag.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket (soek vir Skink Swartland) teen R385 per persoon. Geen onder 18’s.. Een leser het die kans om twee kaartjies te wen. Antwoord net die volgende vraag: Waar word die Skink Swartland”- geselligheid gehou? Stuur jou antwoord per WhatsApp na 082 576 0453. Die kompetisie sluit Donderdag 23 Maart om 12:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article