Die Wilde Weskus het weer sy gesig gewys met verskeie petrolbomme wat Saterdagoggend 25 Mei omstreeks 04:00 na twee huise in Louwville, Vredenburg, gegooi en meer as twintig skote wat op een van die huise afgevuur is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is niemand in die voorval in Arthur Abrahamsstraat beseer nie.
’n Klagte van brandstigting en poging tot moord word ondersoek.
Daar is glo ook in Saldanha op ’n huis geskiet, maar ook hiér is niemand beseer nie.




