Ray van Rooy, Bergrivier-munisipaliteit se burgemeester asook Wyk 4 in Piketberg se raadslid bied aan ’n Kersfees-speelgoedskenkprojek vir die wyk. Weskussers word gevra om hul harte oop te maak en enige gebruikte sagte speelgoed wat ontoegedraai is, te skenk wat ’n verskil in ’n kind se lewe sal maak. Die datum vir aflaai is tot more (Vrydag 15 Desember). Aflaaipunte is by die Bergrivier-munisipaliteit in Piketberg of Calendulastraat 23 in Piketberg. Vir meer inligting bel Van Rooy by 083 657 9615 of Carlin Kayster by 060 569 5419.


Skenk ’n sagte speelding

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article