Die Weskus se Hennie Marais, Jacob Barendse, Coenraad Hattingh en Bennie Parsons, saam met ’n beampte van die dag.


Die Weskus se jukskei-spelers is gereed vir aksie op die baan en het onlangs aan die eerste seisoenale Wes-Kaapse Jukskeifederasie (WKJF) se interdistrik-kompetisie in Sandbaai deelgeneem.

Die plaaslike spelers het die streek Saterdag (29 Oktober) goed verteenwoordig. Tussen Oktober en Maart word vier interdistrik-wedstryde in die seisoen gespeel om te bepaal watter van die vyf distrikte in die WKJF met die trofee sal wegloop as beste distrik aan die einde van die seisoen.

Spelers van die Kaapse Wynland, Westelike Provinsie, Overberg, Eden en die Weskus sal sake uitspook.

Die stryd word in vier afdelings beslis – A tot D met altesaam 30 spanne wat Saterdag van vroegoggend tot laatmiddag gespeel het.

Weskus het in die B-afdeling deelgeneem en die bronsmedalje verower. Ná die wedstryde is Weskus vierde uit die vyf distrikte, met Overberg eerste en Eden laaste.

Die lede wat gekeur is om die Weskus te verteenwoordig, kom van die vyf jukskeiklubs in die Weskus – Langebaan, Citrusdal, Moorreesburg, Vredenburg en die militêre klubs.

Hulle was Hennie Marais, Jacob Barendse, Coenraad Hattingh en Bennie Parsons.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article