Vermeende skaapdiewe is verlede Donderdagaand op heter daad in ’n boer se skaapkraal betrap.

’n Boer (36) van die plaas Anyskop, naby die Weskus Spens-padstal, het Donderdagaand (4 Augustus) omstreeks 22:50 ’n kennisgewing op sy selfoon ontvang dat die alarm by sy skaapkraal geaktiveer is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder van die Vredenburg-polisie, het die boer gaan ondersoek instel en ’n vriend gekontak om hom met sy nagvisietoerusting behulpsaam te wees.

Die polisie is ook ontbied en drie vermeende skaapdiewe is in die skaapkraal aangekeer.

Die verdagtes het op die vlug geslaan, maar al drie is in hegtenis geneem en het Maandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn.. Sondagoggend (7 Augustus) om 09:50 is nog verdagtes op Anyskop in die skaapkraal opgemerk en aangekeer. Die twee verdagtes het vier honde by hulle gehad en nadat hulle gewaar is, het hulle op die vlug geslaan. Albei is in hegtenis geneem. Volgens Helfrich word albei voorvalle deur die Malmesbury-polisie se veediefstaleenheid ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article