Verskeie klubs en skole het aan die St. Helenabaai skaak ope deelgeneem. Foto:


Die St. Helenabaai-skaak-ope is Saterdag (13 Mei) deur die St. Helenabaai-skaakklub in die Sandy Point-stadsaal aangebied.

Die toernooi het spelers van verskeie klubs en skole in die Saldanhabaai- munisipale gebied asook die Bergrivier en Cederberg gelok. Die 55 spelers was in drie afdelings ingedeel, naamlik die elite-, ope- en ontwikkelingsafdelings.

Altesaam 15 medaljes is aan die beste spelers oorhandig. Spelers in die twee top-afdelings het ook met geldpryse weggestap.

Dit was die eerste keer in vyf jaar dat St. Helenabaai sy eie ope kon aanbied en spelers van naburige skole het uiteindelik weer aan mededingende skaak deelgeneem. Spelers van Noordhoek Primêr en Steenberg’s Cove Primêr in die ontwikkelingsafdeling het selfs met pryse weggestap.

Die St. Helenabaai-skaakklub het alle rolspelers bedank. Die Weskus-skaak-unie se vernaamste bestuurslede was ook teenwoordig, wat ’n riem onder die hart vir die plaaslike klub was.

Volgens die klub was die standaard van skaak puik en die beduidende aantal deelnemers dui daarop dat spelers in die Weskus honger is vir skaak en dat die vlam nog lank nie dood is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article