Die skaak-leerders van St. Helenabaai Primêre Skool het gekwalifiseer om aan die Wes-Kaapse Skoleskaak- individuele kampioenskap, wat in Mei in Worcester plaasvind, deel te neem. Die leerders is in die Weskusspan opgeneem en gaan meeding teen spelers van die Kaapse Wynland, Eden, Overberg, Sentraal-Karoo asook die Kaapse Metro. Foto links: Agter staan Jemaine Klaassens (seuns o.13), Ashan Swartz (meisies o.13) en Tayriq Love (seuns o.13). Voor: Micarlo Olivier (seuns o.13), Umaree Swarts (meisies o.11) en Amalia Warner (meisies o.9).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article