Taylor Kuilders van Paternoster se boek Marna Town is nou beskikbaar.Foto: Yaël Malgas


Noudat haar eerste boek bekend gemaak is, is Taylor Kuilders seker sy wil ’n skrywer wees.

Taylor (23) het haar sig as baba verloor en het jare lank fantasie gebruik om te droom en ontvlug. Tydens die inperking het Taylor besluit om haar eerste boek, Marna Town, te skryf. Die boek is nou beskikbaar.

Volgens Taylor is sy reeds besig met haar volgende boek, hoewel dit nie ’n opvolg op Marna Town is nie.

Die Paternoster-skrywer se nuwe storie is ’n gruwelverhaal oor ’n vampier-meisie wat moet ontsnap nadat sy aangehou is. “Ek kry my idees van die alledaagse lewe en omskep dit dan in my stories. My gunstelingskrywers is J.K. Rowling en George R. R. Martin en my gunstelingstories is enige soort fantasie,” verduidelik sy.

Taylor skryf haar boek op haar rekenaar en die spesiale sagteware maak dit vir siggestremde mense moontlik om te skryf sonder ’n braille-masjien. Haar nuwe verhaal word ook met die NVDA-Talks-program voltooi.

Volgens Taylor se ouers het sy sedert haar skooldae in haar skryfwerk uitgeblink en het sy ’n liefde vir tale.

Intussen help hulle haar om haar boeke te publiseer en help ook om dit beskikbaar te stel. Marna Town kan aanlyn op Amazon en Smashwords gekoop word. Eksemplare is ook plaaslik beskikbaar en kan by Jerome, Taylor se pa, verkry word. Stuur ’n e-pos na jeromejonathan0@gmail.com vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article