Baie dankie Bergrivier-munisipaliteit en spanne vir jul goeie diens.

’n Mens kom die afgelope paar maande agter dat daar oplewing en ’n verandering in ons omgewing is. Dankie dat julle selfs op ’n Sondag diens lewer – selfs die strand se asblikke word leeg gemaak. Elke inwoner is dankbaar dat die R27 nou ook oorgedoen word. Dankie ook vir die provinsiale raad vir julle aandeel.

Oor die spoedhobbels wat in Kersbosstrand gebou word, is ons almal erg dankbaar. Dankie aan al die departemente dat julle hande vat om ’n verskil in ons omgewing te maak!


André Potgieter,

DWARSKERSBOS

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article