Die Stormers (Westelike Provinsie) het die Weskus se Blitsbok Shilton van Wyk (25) van Diazville, Saldanha, opgeraap om in die Curriebeker-seisoen van Julie tot September vir WP te speel. Van Wyk het vir die Weskuskool se eerste rugbyspan gespeel, daarna vir die Saldanhabaai-rugbyklub en toe die Boland Kavaliers, voordat hy vir die Blitsbokke gespeel het. Volgens die tydskrif WP Rugby Mag het hy sedert 2021 altesaam 27 keer in 7’s-toernooie gespeel en 52 drieë in 136 wedstryde gedruk. In die huidige seisoen het Van Wyk 15 keer in 33 wedstryde die lyn oorgesteek en ook ‘n groot impak op die verdediging gehad met 75 duikslae – die meeste deur enige speler. Foto: SA Rugby Mag

Shilton draf uit vir die Stormers

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article