Die Porterville-gholfklub se klubkampioenskap het Saterdag 2 April plaasgevind, waar byna 40 spelers om 36 putjies in hul onderskeie afdelings meegeding het. Die Hoërskool Porterville se Shaun-lee Don, ’n gr. 6-leerder, het deelgeneem en uitstekend gevaar. Don het die tweede plek in die A-afdeling (Netto) behaal, waar hy saam met senior spelers deelgeneem het. Hy is ook as junior wenner van die dag aangewys.


Shaun-lee ryg die putjies in

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article