Die 18-jarige man van Diazville, Saldanha, wat einde Januarie in hegtenis geneem is weens die wrede moord op Elrico Byl (27), bekende netbalspeler en -afrigter, was Dinsdag 14 Mei weer in die hof.

Wesley Snyders word daarvan aangekla dat hy Byl op ’n gewelddadige wyse vermoor het en sy lyk op die strand by die Tabakbaai-vakansieoord gaan los het. Die lyk is op Woensdag 17 Januarie ontdek.

Byl se gesin het hom op Sondag 14 Januarie die laaste keer lewend gesien en hom op Maandag 15 Januarie as vermis aangegee.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het Byl erge aanranding en marteling voor sy dood ervaar.

Snyders is die volgende dag in hegtenis geneem. Hy word in die Malmesbury-gevangenis aangehou.

Hy het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 12 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Enigiemand met meer inligting word gevra om met speursers. Siyabonga Bara by 079 894 0083 in verbinding te tree.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article