Nooddienspersoneel van West Coast Medical Rescue en die Nasionale seereddingsinstituut (NSRI) op die toneel waar ‘n 14-jarige seun in die see vermis geraak het.Foto: Facebook/West Coast Medical Rescue


Daar word sedert gister (Woensdag 15 November) onverpoosd gesoek na ’n 14-jarige seun van Laaiplek, nadat hy en ’n maat in die see by die Pelikaan-vakansieoord in Laaiplek gaan swem het.

Volgens Nic Stevens, Mykonos-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het die Laaiplek-polisie hulle 17:51 ingeroep om te help soek.

Die polisie se waterpolisiëring- en duikeenheid, NSRI-reddingswemmers van die Mykonos-stasie, West Coast Medical Rescue en die EMS-nooddienste het op die noodroep gereageer.

Stevens het gesê dat die kind in die water vermis geraak het nadat hy vermoedelik in ’n sleurstroom vasgevang is.

’n Polisieboot en die NSRI Mykonos se Rotary Onwards-reddingstuig help met die soektog.

Kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder, het die soektog na die kind bevestig en gesê dat daar ten spyte van ’n uitgebreide soektog nog geen teken van die kind is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article