Lourens Lotter, een van die Weskus Skool se uitblinker-atlete. Hoewel hy nie ’n rekord losgespring het by die hoogspring nie, het hy twee nuwe rekords vir veld-items opgestel. Foto’s: Yaël Malgas

Weskus Skool stel rekords op

Lourens Lotter, een van die Weskus Skool se uitblinker-atlete. Hoewel hy nie ’n rekord losgespring het by die hoogspring nie, het hy twee nuwe rekords vir veld-items opgestel. Foto’s: Yaël Malgas

Daar is hoog gespring en vinng gehardloop terwyl vele Weskus-skole die afgelope naweek hul kleure-atletiekbyeenkomste gehou het.

By Weskus Skool se atletiek op Vrydag is verskeie rekords oortref.

Lize-Ann Diergaardt (o.15) se 1,35 m sprong in die hoogspring het die vorige rekord laat spat. In die verspring het Jaynelle Swartz (o.16) ’n nuwe rekord gesprin met 4,50 m.

In die velditems was Lourens Lotter (o.17) ’n uitblinker met ’n 29,50 m diskus gooi en ’n 10,9 m gewigstoot gooi.

In die meisies se hoogspring het Angeline Brown (o.17) ’n rekordhoogte van 1,45 m gespring.

By Laerskool Saldanha, St. Andrews Primêr en Jurie Hayes is geen nuwe rekords gestel nie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article