Die Graad R spreekkoor van Jurie Hayes Primêr.
Die Graad R spreekkoor van Jurie Hayes Primêr.

Jurie Hayes Primêr se spreekkore skitter


Jurie Hayes Primêr het rede om fees te vier nadat al drie die skool se spreekkore onlangs uitstekende prestasies behaal het.

Die Intermediêre Fase- en Grondslagfase-spreekkoor het albei ’n Cum Laude-toekenning ontvang, terwyl die Graad R-spreekkoor ’n goue toekenning behaal het.

Die Intermediêre Fase spreekkoor.

Die skool het sy trots uitgespreek teenoor elke leerder en afrigter wat met toewyding, harde werk en passie tot die sukses bygedra het.

Die prestasies is volgens die skool ’n bewys van die waarde van deursettingsvermoë en spanwerk.

“Julle het Jurie Hayes Primêr met trots verteenwoordig,” het die skool gesê, en bygevoeg dat die prestasies hopelik die begin van nog vele suksesse sal wees.

Jurie Hayes Primêr se drie spreekkoore behaal uitmuntende prestasies.
Die Grondslagfase-spreekkoor.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article