David Rossouw

Die twee wedstryde wat Weskus-rugbyondersteuners – veral St. Helena- baai – die afgelope Saterdag

(23 Augustus) met aandag gevolg het, was tussen Young Hearts en Saldanhabaai op die Grafkelder in Pella, asook Goedverwacht teen Vredenburg op Goedverwacht.

Toe die horlosie vieruur namiddag slaan, was St. Helenabaai se laaste hoop op ‘n wonderwerk om sy top-12-droom

in Goedverwacht se hande lewend te hou.

Maar Ryno Benjamin se Burg Boys het nie kom onderhandel nie – hulle het kom oorheers.

Met vier drieë voor rustyd en ‘n bonuspunt in die sak was die boodskap duidelik: Vredenburg is op ‘n sending.

Die eindtelling van 66-12 was ‘n finale streep deur St. Helenabaai se 2025-planne.

Op die Grafkelder het die vonke tussen Young Hearts en Saldanhabaai vanuit die staanspoor behoorlik gespat.

Saldanhabaai, wat die kampioenskap eintlik verlede week reeds verower het, het goeie rekenskap van homself teen die tuisspan gegee. Teen rustyd was die verskil een enkele punt, met Young Hearts die voorloper met 14-13.

Hoewel ses spelers aan die Sanlam-

Boland-Kavaliers-o.21’s afgestaan is, het Young Hearts die wedstryd met 27-25 beklink.

Met dié oorwinning het Young Hearts die kampioenspan twee keer in vanjaar se Grootuitdaagbeker geklop en die sei- soen op ‘n hoë noot afgesluit.

Saldanhabaai en die naaswenners,

Vredenburg, berei nou in alle erns vir die Top-12-uitdunwedstryde in Oktober voor.

Die 2025-Sanlam-Boland-Top-12-kompetisie skop op 11 Oktober af.

Rugby-ondersteuners sien reeds uit na opwinde uitkloprugby deur die twaalf beste klubspanne in die Boland-rugby- unie, wat om Grootuitdaag-louere gaan meeding.

• Grootuitdaag-uitslae: Weskus: Young hearts 27-25 Saldanha, Goedverwacht 12-66 Vredenburg, Langebaan 29-25 Paternoster, Steenberg’s Cove 23-28 Piketberg. Swartland: Riebeeck United 19-34 Porterville, Voorberg 15-54 Abbotsdale.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article