’In April het ek ’n afspraak gemaak in die Kaap by hul Sassa kantore. Woensdag 25 Mei het ek ’n aangemeld vir die afspraak by die Vredenburg se Sassa-kantoor.

Dit nadat ek in Julie 2021 ’n beroerte gehad het en nie meer kan werk nie.

Ek het die oggend 04:00 aangemeld en toe die hekke oopmaak het die veiligheidspersoneel gesê “as jy nie vorm het wat reeds ingevul is nie, kan ons jou nie help nie” – ek was toe een van die wat per ongeluk daaronder val.

Toe ek binne gaan het hulle vir my ’n ander datum gegee en gesê ek moet Dinsdag 5 Julie terugkom. Hulle het my ook ingelig dat hulle nie die nodige vorms het om my aansoek te voltooi nie. Ek was baie teleurgesteld gewees en moet nou sonder enige inkomste gaan totdat ek ’n Sassa-toelaag ontvang.


Jan Galant,

Vredenburg

Sassa reageer: Sassa het 16 kantore oor die provinsie heen. Kliënte kan aansoek by die kontakpunt doen wat vir hulle die gerieflikste is. Alternatiewelik kan kliënte wat sukkel om fisiek toegang tot ’n kantoor te kry, die Sassa se aanlyn aansoekstelsel gebruik vir aansoek tot ’n maatskaplike toelae.Daar is kriteria gekoppel aan elke maatskaplike kategorie-toelae, wat deur Sassa bestuur word. Om te kwalifiseer, moet ’n kliënt eers seker maak dat hulle aan die gestelde vereistes voldoen asook seker maak dat hulle die vereiste dokumentasie vir die maatskaplike toelae het. Op geen punt sal enige potensiële kliënt van enige Sassa-kontakpunt weggewys word sonder om die nodige bystand te verkry nie. Die dokumente waarna verwys word, is deel van enige aansoekproses en hieraan is geen tekort nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article