’n Dag van feesvieringe en pret het Vrydag 3 Februarie by die Salkoriane se gemeenskapsportfees plaasgevind.

Die klub het sy eerste sportdag gehou, waarby al die omliggende woonbuurte betrokke was.

Die aksie op die dag het met padwedlope van 3 km en 5 km begin.

’n Deel van die aktiwiteite op die dag was om op bewusmaking van gesondheid en ’n gesonde leefstyl te fokus en inwoners van al die negatiwiteit en vandalisme in die buurt te ontmoedig.

Aan die einde van die dag is medaljes en waatlemoen as pryse uitgedeel.

’n Gros skoolatlete het ook aan die klub se tweejaar-atletiek-ontwikkelingsprogram deelgeneem.

Die atlete was ook groot uitblinkers by hul skoolatletiekbyeenkomste.

Hier het Jugail Wylbach, Logan Pieterse, Adrian Cupido en Zilke Snyders baie goed presteer en onderskeidelik in die 100 m-, 200 m- en 800 m-wedlope asook die hoogspring uitgeblink.

Die klublede is baie optimisties dat die atlete by die Wes-Bolandse en Boland-kompetisies op hul prestasies sal kan voortbou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article