’n Trotse groepie Salkor-atlete het ná die Langebaan Country Estate (LCE) se jaarlikse halfmarathon verlede Saterdag (21 Oktober) met ’n string medaljes gespog.
Nadat die atlete van die Salkoriane-atletiekklub die 5 km-kronkelroete kafgedraf het, met Zilcke Snyders, wat ’n goue medalje losgehardloop het, het sy in die tweede plek en Lee Milford in die derde plek in die 10 km-roete geëindig in hul ouderdomsgroep. Twee atlete is ook deel van Salkor-geskiedenis. Dinro Boois is die seun van Azel Boois, wat in die 1990’s die atletiekbaan aan die brand gehardloop het, en Noaha Kleinsmith is die kleinseun van die afgestorwe atleet Klasie Kleinsmith.





