Atlete van die Salkoriane-atletiekklub het onlangs in Atlantis deelgeneem.


Die atlete van Salkoriane-atletiekklub het onlangs na Atlantis gereis en bewys hoewel hulle nie die grootste is nie, is hulle van die bestes.

Die Little-atletiekbyeenkoms is Saterdag 10 September op die Wesfleur-sportterrein gehou waar atlete aan veld- en baan-items deelgeneem het. Die byeenkoms was gefokus op atlete van 7 tot 13 jaar. Die Salkor-atlete het die byeenkoms bygewoon om onder meer hul atletiekontwikkelingsprogramme op die proef te stel en ook die atlete blootstelling aan veld- en baan-items gegee.

Die plaaslike Vredenburg-klub het spesifiek ’n tweejaar-ontwikkelings­program vir nuwelinge en die program strek so ver as Atlantis.

Daar was heelwat van die klub se jonger atlete wat deelgeneem het, maar juniors en seniors kon ook hul staal wys. Atlete kon aan die 1 000 m-, 600 m-, 300 m, 150 m- of 60 m-wedlope deelneem, asook aan die hoogspring en ander velditems.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article