Atlete van die Saldanha-atletiekklub het weer eens ‘n goeie Saterdag beleef – dié keer by die jaarlikse Laguna Mall-padwedloop wat oor afstande van 5 km en 10 km gestrek het. 1ste plek: Leighton van Wyk 2de plek: Nathaniel Cloete 3de plek: Luchaan Koopman Die 10 km is gewen deur Emmanuel Fredericks, ‘n Athletics Academy-atleet wat deel is van Saldanha-atletiekklub se oefenprogram, asook Chrystal Adams, wat ‘n algeheel vierde plek vir vroue in die 10 km asook tweede vir juniors behaal het. Veronique Nel was algeheel vyfde vir vroue in die 10 km. Die res van die atlete het ook almal goed presteer en medaljes ontvang. Tans is die klub ernstig aan die voorberei vir die landloopseisoen wat oor twee weke begin.

Saldanha atlete

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article