Die derde Transnet-Saldanha Super8-toernooi is byna hier. Saldanha-rugbyklub sal van 14 tot 17 April die gasheer wees vir die besoekende spanne wat kom meeding.
Die organiseerders van die Paasnaweek-toernooi het vanjaar weer toegesien dat diegene wat nie by die stadion kan wees nie, die wedstryde op SuperSport kan kyk. Vanjaar se deelnemers sluit Darling, Roses United, Crusaders (George), Kuilsrivier, Progress (Uitenhage), Robertson asook Caledon in.
Die toernooi-organiseerders het vroeg reeds aangekondig dat Covid-19-protokol sal geld.



