Verteenwoordigers van die ondernemings wat die skenking moontlik gemaak het, wys hoe lyk die glimbaadjies wat die Darling-buurtwag ontvang het.Foto:

Sakelui skenk glimbaadjies aan Darling-buurtwag

Verteenwoordigers van die ondernemings wat die skenking moontlik gemaak het, wys hoe lyk die glimbaadjies wat die Darling-buurtwag ontvang het.Foto:


Darling-buurtwag het verlede week 20 geskenkte glimbaadjies ontvang, wat deur Sibathatu Mining, Nemesia Service Station, Darling Glass & Alluminium en P.O.R Rearing geborg is.

“Die Darling-buurtwag is regtig baie belangrik vir die polisie. Hulle gee snags hul warm beddens prys om patrolliediens te doen om die dorp veilig te hou.

“Hulle is waarlik die polisie se oë en ore. Die Darling-polisie wil ons opregte dank aan die buurtwag en die skenkers van die baadjies uitspreek,” sê sers. Johnatan Filander, ’n woordvoerder van die Darling-polisie.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article