Dit verg groot konsentrasie om die bal so naby aan die klein wit balletjie te kry as moontlik. Foto: Lagoon-rolbalbaan

Die tweede week van die Rolbal-liga vir Sake-ondernemings is verby en die spelers raak nou ernstig.

Volgens Etienne Schut van die Lagoon-rolbalbaan in Langebaan het die spanne nou hul ritme gekry en vaar hulle net al beter.

Ronde 3 en 4 van altesaam 11 rondes is nou voltooi, waarop die gedugte eindronde volg.

Die liga vind plaas in twee groepe – 12 spanne wat Dinsdae teen mekaar speel en 12 spanne op Donderdae. “Die Dinsdag-groep gee mekaar gas. Tans loop PJ Toilets se span voor met Eco Sport en Magic Services ‘n kortkop agter. Daar is egter nog sewe rondes oor, en enigiets kan gebeur. Ebersohns is ook nie te ver agter nie,” sê Etienne.

Die Donderdag-groep het Comtel tans in die eerste plek met agt punte. Die enigste ander span in dié afdeling wat nog nie verloor het nie, Headline Blinds – ‘n vorige wenner – is met sewe punte kort op hul hakke. Copy en Paste staan op ses punte, wat hulle ook steeds ‘n bedreiging maak.

Verlede week was vrek koud en die manne en vroue moes ‘n bietjie sjerrie-warmte kry… vir die koue, maar ook vir die senuwees. Verder word elke wedstryd-aand aan die heerlike hamburgers, kerrie en rys en knypkoekies uit die kombuis gesmul.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article